Een van die opwindende projekte wat ons aanpak, is ’n skoolrevue wat die ongelooflike oeuvre van ons oudleerder, Laurika Rauch, vier – ’n huldeblyk aan haar lirieke, haar unieke klank en haar diep menslikheid.
Ons leerders bring hierdie tydlose musiek tot lewe deur sang en dans, en neem die gehoor op ’n reis deur temas van liefde, verlange, geloof en lig – waardes wat ook die hartklop van ons skool vorm.
Moenie hierdie besondere viering van musiek en storievertelling misloop nie.
Vertoningsdatums & Tye:
– Sondag, 19 April @ 15:00: Goud: R140, Vlootblou: R90, Ligte blou: R70, Galery: R120
– Maandag & Dinsdag, 20 & 21 April @ 19:00: Goud: R170, Vlootblou: R120, Ligte blou: R100, Galery: R150
– Woensdag, 22 April @ 19:00 – GALA-AAND: Goud: R240 (sluit toegang tot BBP/VIP-area in), Vlootblou: R120, Ligte blou: R100, Galery: R150
Content Credit: As per website
Starts from
R70-R240