
Hoërskool Jan van Riebeeck-gemeenskap: maak gereed vir een van die grootste hoogtepunte op die skoolkalender!
Kom geniet ’n opwindende, glansryke en skreeusnaakse aand waar 12 seuns en 12 dogters, almal graad 11-leerders, die verhoog betree en hul styl, persoonlikheid en talent ten toon stel.
JanStyl gaan oor méér as net pret en glans. Die aand het ’n besondere doel: die wins van JanStyl 2026 word aan Ladles of Love geskenk.
Ons deelnemers kry ook die geleentheid om Ladles of Love te besoek, waar hul saam help om sop te kook en dit aan mense in nood te bedien. Só word ’n aand van pret omskep in ’n geleentheid om om te gee, diens te lewer en ’n verskil te maak.
Oud en jonk is welkom!
Bring jou familie, nooi jou vriende en kom ondersteun ons graad 11-deelnemers!
Moenie hierdie spesiale aand misloop nie – JANSTYL 2026 is waar jy wil wees!
Image Credit: As per website
Content Credit: As per website
Starts from
R70
Discover similar events in the Theatre / Dancing / Performance category

Wed, 9 Sept

Wed, 9 Sept - Fri, 18 Sept

Wed, 9 Sept - Sat, 12 Sept

Wed, 9 Sept - Sat, 26 Sept

Wed, 9 Sept - Sat, 19 Sept

Wed, 9 Sept - Fri, 11 Sept