
Stories was nog altyd noodsaaklik vir mense om sin van hul bestaan te maak.
Die kykNET Silwerskermfees is ’n hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film- en inhoudsfees wat die plaaslike bedryf al vir die afgelope 13 jaar ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Dit is hiér, in die betowerende Kampsbaai, waar oorspronklike Suid-Afrikaanse stories jaarliks gekoester en gevier word.
Saam met die wêreld- of Suid-Afrikaanse premières van die jongste rolprente, vertoon die Silwerskermfees die werk van jong talent in ’n reeks diverse kortfilms en kort dokumentêre wat met die fees se finansiële ondersteuning en mentorskap vervaardig is. Kortfilms deur ervare filmmakers is daarop gemik om gehore te roer en opkomende talent te inspireer. Die propvol feesprogram sluit paneelbesprekings, werkswinkels en bedryfsgerigte meesterklasse in wat deur bekende plaaslike en internasionale kenners aangebied word. Die gesogte Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie vereer uitstaande prestasies. Die Silwermark bied by die fees die geleentheid vir inpersoonvoorleggings in ’n verskeidenheid inhoudskategorieë. Die fees wys ook uitgesoekte films elders in Kaapstad met opwindende gratis gemeenskapsvertonings in onderbediende woonbuurte.
Ons bly verbind tot die volgende doelwitte:
• Die uitbou van die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf
• Ontwikkeling van gehore
• Opleiding en mentorskap
• Bevordering van plaaslike inhoud, nasionaal en internasionaal
• Sosiale kohesie en gesonde diskoers
Geniet asseblief die fees, en mag die volkleurbelewenis van ons eie magiese stories jou inspireer!
Image Credit: As per website
Content Credit: As per website
Starts from
R1000
Discover similar events in the Festivals category

Sat, 29 Aug

Tue, 1 Sept

Fri, 18 Sept - Sun, 20 Sept

Thu, 1 Oct - Mon, 5 Oct

Fri, 2 Oct - Sun, 4 Oct

Fri, 30 Oct