
Sanger-liedjieskrywer Lize Beekman is vir die eerste keer in Milnerton op 15 Augustus 2026 met haar vertoning In antwoord. Met haar kenmerkende diepte, warmte en poëtiese verhalende styl, voer sy ’n unieke gesprek met haar gehoor deur middel van musiek, briewe en gedigte in beide Afrikaans en Engels – woorde uit haar eie skryfpen en ook dié van ander.
Beekman weef nuwe en bestaande skeppings saam in ’n program wat tegelykertyd persoonlik én universeel is. In antwoord beloof ’n mooi en rustige ervaring van woorde en musiek.
R250 – glas wyn ingesluit
Image Credit: As per website
Content Credit: As per website
Starts from
R250
Discover similar events in the Blues, Jazz, Soul etc. (Downtempo) category